DIS eintlik nog te rou om oor te praat, al is dit al meer as vyf weke. Ek wonder baie of dit ooit sal beter word. Ek kan eintlik nie eens die e-pos skryf nie, want dis te seer en so finaal. (En dan is daar nog die hartseer en ellende oor Oekraïne se mense en kinders en troeteldiere. Donnerse Putin.)
My Meimei-prinses van net neffens 18 jaar is na Die Ander Plek op 3 Februarie. Sy was presies 17 jaar en sewe maande oud. Ek wou haar so graag laat 25 of 30 word. Ek het so mooi na haar gekyk, elke uur van elke dag en maand en jaar. Sy was my vertroueling, maatjie, trooster, mede-denker.
Sy het skielik oornag 'n kolletjie, soos 'n wolkie, in haar een oog ontwikkel. Ná twee dae is ons met haar na die veearts. Die dieredoktertjie met die brilletjie het omtrent 16 gelyk en het nog nooit so 'n verskynsel gesien nie. Sy was rasend opgewonde. Sy het Meimei op 'n anti-inflammatoriese pilletjie gesit. Ek word vreeslik kwaad as ek daaraan dink, maar sy was amper 18...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.