DIE wit strepe gly onder die motor verby. Op die radio is 'n gesprek oor aartappelmoere wat pyn laat wyk. Die landskap verander en die eerste klein dorpie pryk in die verte. Rat af by vulstasie vir bene rek en 'n skelm walmpie agter die badkamers.
Weer vloei die strepe ál vinniger. Geselsies laat die tyd verbygaan en ten spyte van die koue lugreëling raak die roomyslus groot. Wie eerste 'n kerk sien, kry 'n draairoomys. Oë bespied die pad vooruit tot dit luidkeels uitgebasuin word. (Sommige oë kan aspris 'n kerk miskyk.)
Die pienk-en-wit-gestreepte roomys wil-wil drup en die lekke word so manierlik moontlik vinniger...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.