’n Moerbeitert vir Fiela se kind

ONTHOU

’n Moerbeitert vir Fiela se kind

HENK SERFONTEIN dink na oor onthou, en bak op die ou end ’n soetsuur coming-of-age-tert, want herinneringe is nie altyd soet nie.

DAAR is iewers in almal se jeug 'n Benjamin Komoetie in 'n boek, 'n sywurm wat liggeel kokonne spin, of 'n tert wat 'n ma gebak het waarvan jy die presiese dag en tyd kan onthou. 

Ek kan ook byvoorbeeld presies onthou waar ek was toe ek die nuus ontvang het dat 'n vliegtuig in die Twin Towers vasgevlieg het. Die wêreld het met die aanskou van daardie beeld op daardie dag verander. Ek kan ook die sitkamer met die bal-en-klou-meubels met die geblomde stoffering onthou waar ek gesit het toe ek Nelson Mandela op 'n televisieskerm uit die tronk sien stap het. Ek het die gordyne styf toegetrek sodat die beelde op die TV helderder kon word.

Ek kan ook daardie tweede dag ná prinses Diana se noodlottige ongeluk in die Pont de l'Alma-tonnel onthou. Ek was in Parys en het in die rigting van die Seine gestap. Blomme het uit die holtes van die brug gepeul asof dit 'n vanitas-stillewe oor die mens se verganklikheid was. Ek kan onthou hoe verras ek was toe ek 'n anonieme Afrikaanse nota daar gekry het: Rus sag, prinses Di. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.