Op ’n eiland: Afrikaners in Lesbos

PLEK BY DIE TAFEL

Op ’n eiland: Afrikaners in Lesbos

MARITA VAN DER VYVER ontdek dat as jy op ´n eiland aankom, die tafel gedek is vir sensualiteit en hedonisme – maar gelukkig ook vir mitologie en filosofie. En dat Lesbos boonop nie ´n poskaartprentjie van ´n eiland is nie.

EENDAG, lank gelede, het twee gawe Afrikaanse mans toevallig op 'n Griekse eiland beland.

Dis hoe hierdie storie moet begin, want in die mitologie en die letterkunde speel die toeval mos altyd 'n rol wanneer karakters op 'n eiland uitspoel. Hulle word daarheen gedryf deur stormwinde of seestrome of die speelsheid van die gode of die vrugbare verbeelding van 'n skrywer.

'n Afgeleë eiland het nou eenmaal 'n magiese aantrekkingskrag vir die mensdom, soos Shakespeare eeue gelede al besef het toe hy Prospero en Caliban en ander karakters in The Tempest op 'n kamma-eiland laat konkel en kafoefel het. En wat dit ook al was wat die oud-uitgewer Frederik de Jager en die oud-regsman Douw Steyn twintig jaar gelede op Lesbos laat uitspoel het, is 'n storie vir 'n ander dag. Hulle het intussen lewensmaats geword en 'n nuwe storie hier begin skep om 'n betowerende pratende tafel in die heuwelagtige hawestadjie Molyvos. Hier bedryf hulle die afgelope twee jaar 'n besondere soort onderneming...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.