Die paprika-prinses van Vrygrond se Walkie-Talkies

HIER KIEP-KIEP

Die paprika-prinses van Vrygrond se Walkie-Talkies

As ons mekaar in hierdie land beter wil verstaan, moet ons saam met mekaar begin eet, het Antjie Krog eenmaal gesê. HENK SERFONTEIN voeg die daad by die woord en vertel van ’n paar vreemde, maar onvergeetlike etes.

DAAR was ’n tyd toe middagete-uitnodigings nie deur ’n tweede WhatsApp opgevolg is waarin gevra word dat jy oor jou voedselvoorkeure uitwei nie. Dit was die tyd voor lae glukemiese indekse, laktose-intoleransie en aktivistiese veganiste. In dié tyd het ons almal basies oë toegeknyp, die uitnodiging met dankbaarheid aanvaar en die beste bottel wyn saamgeneem wat ons kon bekostig

So bevind ek toe myself een soel Sondagmiddag by ’n langtafel-ete in Pretoria. Op die agtergrond is ’n pragtige Sir Herbert Baker-herehuis en op die voorgrond ’n uitsig oor pers jakarandas wat lyk of dit met ’n spons teen die hemelruim gestippel is.

Die aanvallige gasheer het die aristokrasie van die plaaslike kunstoneel genooi. Links van my drink Bettie Cilliers-Barnard ’n glas rooiwyn en vertel boeiend hoe sy om tienuur in die aand ’n sigaretjie aansteek, op ’n leer klim en tot in die nanag aan ’n majestueuse mandala in sagte appelkoos- en pepermentgroen kleure begin verf. Die nag het blykbaar nie skaduwees nie. Met haar aanvoeling vir metafisiese abstraksie en beskrywings van hoe sy die aardse met die transendentale versoen, was sy die toonbeeld van boere-intelligentsia...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.