Die weemoed van outydse kos: van bobotie en rys tot macaroni-en-kaas

FYNPROE

Die weemoed van outydse kos: van bobotie en rys tot macaroni-en-kaas

NETTIE PIKEUR raak skoon weemoedig oor die sussende bekendheid van lewerkoekies, frikadelle, souskluitjies, soetpatats – en Marmite-toebroodjies wat slap word in jou kosblik.

NOUDAT die son gedraai het, maar dis steeds winter, raak mense weemoedig oor outydse en selfs verlore kos. Van blindevinke tot heel krappe te koop by die Harbour Café in Kaapstad; van gestoofde patats tot asynpoeding.

In ’n ou restaurant genaamd Die Kaapse Tafel aan die bopunt van Koningin Victoriastraat kon ’n mens destyds bobotie en rys eet, ongehoord in ’n eetplek en nou nog min te sien, behoorlik opgedis met piesangslaai, tamatie en uie, en sterk blatjang. Parlementariërs was gek na dié boerekos en het dikwels daar gaan eet. Op die spyskaart was ook asynpoeding, hier by ons bekend as Lord Cecil-poeding, hemel weet waarom.

Blindevinke (beef olives in Engels) is stukkies vleis gedraai rondom ’n geurige vulsel en in die oond gebak...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.