Die e(e)timologie van die suurlemoen

KOS EN KOSMOS

Die e(e)timologie van die suurlemoen

FREDERIK DE JAGER bevestig die huwelik van suurlemoen en sout, en hou daarna ’n partytjie vir ’n hoender ter viering van ’n oddball liefdesverhaal.

DIE Nederlanders noem ’n suurlemoen “citroen”, ’n lemmetjie “limoen”, en ’n lemoen “sinaasappel”. Helena Liebenberg wys in haar Anna Böeseken-gedenklesing in 2008 boeiend hoe die klanke van die woord “lemoen” van ’n voor-Griekse Mediterreense nasie ’n paar keer bollemakiese geslaan het tot by die hedendaagse woord “appel”.  Die Hollanders is dus nie verkeerd met hulle sinaasappel nie (sinaas vir Chinees), hulle het maar net op ’n ander spoor as Afrikaans gerangeer sedert die twee tale in 1652 van bed en later van tafel geskei geraak het.

Die Afrikaanse woord “lemoen”, en daarom ook “suurlemoen”, gaan dus ver terug. Eweneens die vrug self. Dis óú kos.

Vandag is die slagordes opgestel vir die Slag van die Suurlemoen. Aan die een kant is daar dié wat graag vir ander vertel wat hulle moet doen. Hulle het allerlei merkwaardigheid oor die goue vruggie mee te deel. Teenoor hulle, minder flambojant en swakker TV-materiaal, is daar dié wat weet...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.