Seepwater en staalwol

TERUG SKOOL TOE

Seepwater en staalwol

As jy in jou 50’s besluit om terug te gaan skool toe, leer jy dalk meer as wat jy verwag. ANNELIZE VISSER het die afgelope week haar diploma by ’n sjefskool ontvang, met ’n slaagpunt in goedhartigheid en behulpsaamheid.

DIE afgelope week het ek vir slegs die tweede keer in my lewe aan ’n gradeplegtigheid deelgeneem. Ek het nie ’n regte graad gekry nie, en dit was ook nie besonder plegtig nie – eerder plesierig, met Appletiser in sjampanjeglase, elk met ’n feestelike aarbei wat daarin dobber.

Vir die geleentheid was ek uitgerus in ’n wyepypbroek van growwe swart katoen met ’n rek in die middel, ’n paar lomp swart toerygskoene met ingeboude staalversterkings by die tone, en ’n wit baadjie met ’n dubbele ry koeëlronde wit knope.

Ek het sommer gestap, want Soutrivier is naby aan my huis...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.