Kom ons dans in Frans: Nettie Pikeur vier ’n ander Alice en...

FYNPROE

Kom ons dans in Frans: Nettie Pikeur vier ’n ander Alice en haar (kos)wonderland

Sondag is Bastilledag, maar in plaas van die Franse volkslied, besing NETTIE PIKEUR die kulinêre vindingrykheid van die beroemde kunstenaar en skrywer Gertrude Stein se geliefde Alice.

DAAR is seker min volksliedere so wreed soos die Franse s’n. “La Marseillaise” sal op Sondag 14 Julie weerklink, op hul dag van glorie noudat die tirannie verby is, die riviere vol onsuiwere bloed.

Ons hoor “La Marseillaise” vandeesweek ook weerklink in die skrywes van ’n Amerikaner wat lank in Frankryk gewoon het: Alice B. Toklas was die geliefde van Gertrude Stein, ook Amerikaans, wie se gedigte en kunswerke deel was van die Impressionisme-beweging ’n hele eeu gelede.

Die twee was in Frankryk gevestig en daar het die slimkop Alice ’n wonderlike boek geskryf oor hul kos en wedervaringe tydens twee wêreldoorloë. The Alice B. Toklas Cook Book van 1954 is verruklik mooi, vreemd, met kos en mense en gebeure wat alles soos gister voel en ruik – alles te danke aan Alice en haar geheue...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.