Loflied vir die Laeveld

MY SALIGE PLEK

Loflied vir die Laeveld

Laeveld toe vir vier dae – dis ’n magiese formule wat ’n gatvol Gautenger laat vergeet van verkeerfobie en weird mense by Woolies. MICHÈLE MEYER skryf oof háár ‘salige plek', wat ons laat wonder: Waar is joune?

’N MENS sou dink die idee om vier uur met die berugte N4 te reis na ’n plek waar jy na die ooptes gaan sit en staar, is absurd. Om nie te praat van die helse gestoei om jou goedjies in ’n soetkys te kry nie. Dis nie van ingooi en daar gaan jy nie.

Jy moet voorsiening maak vir bloedige warm dae én onbehoorlike koue tydens vroegmôre se wildritte. Klim jy laatmiddag op die oop voertuig vir ’n wildrit, streep sweet onder jou keps uit. ’n Uur of wat later, nes jou sononder-jenewer ’n vrank herinnering op die lippe is, slaan ’n kilte toe wat tot teen die been sny.

Uiteraard volg daar ook die subtiele magstryd oor wie nou eintlik die bagasie die beste soos ’n legkaart in die kattebak kan pas. Moet die Kook & Geniet regtig saam? Oogrol. Is twéé verkykers nodig? Stilte. Waar moet die memory foam-kussings in? Daar ís dan linne! Half hardhandige deurklap...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.