Maak winterslaai, Meraai

FYNPROE

Maak winterslaai, Meraai

Natuurlik is slaai sussende winterkos. Bly net weg van die blare en moenie dat die slaaisous teleurstel nie, skryf NETTIE PIKEUR. Hier is haar vyf resepte vir winterslaai, waaronder een vir die self-catering bruid wanneer die aanstaande te katswink is om te braai.

AGGENEE, wie eet slaai in die ysige winter, die koue blare en nog kouer tamaties gemeng met snye komkommer? Ontspan, mevrou, gooi daai blare vir die eende.

Dink aan die lekkerste aartappelslaai, nog louwarm soos die Amerikaners dit maak (in elk geval toe ek daar was), nog een gemaak met ansjovis en soetrissies, asook kreefslaai voorgesit in die beste Kaapse eetplekke toe kreef nog sito-sito deur duikers uitgehaal is vir ons middagetes. (Nie verkwansel aan Oosterlinge wat jou doodskiet vir ’n kissie vars krewe nie.)

In die dae toe ons heldin die Britse kosskrywer Elizabeth David aan haar eie kombuistafel gekook en geskryf het, was dit teen 11 voormiddag tyd vir ’n glasie wyn en dink aan middagete. Dan het sy die bladsye werk eenkant toe geskuif, en ’n bakkie olywe en brood neergesit vir gaste wat kom inval het. Wanneer die middagete gereed was, het Elizabeth haar slaaisous met die hande deur ’n groot bak slaaiblare gemeng...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.