Sop vir jou

KOS EN KOSMOS

Sop vir jou

Sop kook, soos met alle kos, is ’n samespel tussen kok en heelal. FREDERIK DE JAGER nooi jou vir ’n swem in die kosmiese soep.

JY hoor soms hoe mense aan tafel sê die kos is hemels. Ek sê onsin! Stel jou ’n kulinêre hiernamaals voor: brekfis van benediktynse eiers ad infinitum. Koffie van deur apies uitgetjortste bone elke iedere oggend vir altyd. Voëlnessoep, kaviaar en salm, kwartels en skilpad, martini’s met goudvlokkies ...  repetitio ad nauseam. Jy sal weldra verlang na Marmite op gebrande toast.

Veel liewers vir my die onvolmaakte hiermaals (so heet ’n digbundel van Lina Spies). Morsig en wanordelik soos dit is en ryk aan onverwagte openbaring. Wanneer die samekoms van strydende dele in die bestand ’n harmonie vind wat elke poging tot beskrywing afskud. Wanneer die vlam die geure louter en verenig, die sous elke smaak omarm.

Dit is wat ons toeval uit die chaos van die aarde, alles aards en heerliks, onverdiend en veelal onbepland. Die juis onherhaalbare oomblik. Jy kan nie, sê Herakleitos, twee keer in dieselfde rivier ingaan nie. Dit is elke keer ander water, en jy self is elke keer anders...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.