Borde met blomverse en die belangrikheid van blou

TWEEDE LEWE

Borde met blomverse en die belangrikheid van blou

Die keramiekkunstenaar Tina-Marié Malherbe sit haar hart op ’n bord in die fynste botaniese tekeninge en blomverse van Afrikaanse digters, skryf ELNA VAN DER MERWE.

“EK hoor Grieke verlaat Athene ná hul aftrede en gaan terug na die eiland waar hul familie vandaan kom en begin daar ’n tweede lewe en nuwe beroep. Ek skat hierdie is nou my tweede lewe.”

In die voormalige dekorredakteur Tina-Marié Malherbe se nuwe lewe maak sy borde waaruit ’n mens veronderstel is om te eet – indien jy bereid is om ’n kunswerk waaraan twee hande ure lank gewerk het, te behandel soos ’n bloot dienlike opskep-item. Op haar wit borde is die fynste botaniese tekeninge in blou, en verse van Afrikaanse digters.

“Sewe jaar gelede het ek kleiwerk by ’n ateljee begin doen so tussen my geskeduleerde fotosessies en spertye deur. Geleidelik het ek al hoe meer tyd hier deurgebring, al hoe meer ... totdat dit voltyds geword het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X