Kaalgat in die kettingwinkel: los groente en die komplekse...

PLANEET VERSUS PLASTIEK

Kaalgat in die kettingwinkel: los groente en die komplekse stryd teen plastiek

Laai daardie los kop broccoli in ’n bruin kardoes en bring jou kant, sê ’n plastiekvrye proeflopie by ’n plaaslike kettingwinkelgroep. ANNELIZE VISSER ontferm haar op dié manier oor ’n verlepte stuk groente met ’n duister toekoms, en leer dat plastiek nogal ingewikkeld is.

VOOR my in die tou by Pick n Pay is ’n vrou besig om vir haar inkopies te betaal met ’n kredietkaart waarvoor jy jaarliks minstens driekwart miljoen moet verdien. Daarna haal sy ’n verfrommelde Woolworths-plastieksak uit haar mooi handsak, want sy weet hoe plastiek die planeet verniel. Sy stryk die sak mooi glad, en glip haar vyfliter-plastiekkan water daarin.

Plastiek is ingewikkeld.

Dít is wat ek geleer het sedert my vriend Fred Pheiffer vroeg in Julie op Facebook erken het dat hy vroeër daardie dag “speuls geraak het by PnP se blootse groenterak”...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.