EK onthou nog die Sondagmiddagetes as kind by my ouma en oupa op die plaas. Al is dit nou baie dekades later, is daar 'n baie spesifieke emosie wat my bybly: die geborgenheid wat ek in die voorspelbaarheid van die ritueel ervaar het. Kerk, tee en dan die voorbereiding vir middagete.
Die gemoedelikheid in die kombuis, die grootmense se geselsies en drankies (bier-shandies en sjerrie) voor ete in die sitkamer, die tafel met die wit tafeldoek, gestyfde servette en Ouma se eenvoudige maar mooi breekware en silwermessegoed uit die houtboks. En die kos: geelrys met rosyntjies, pampoenkoekies, gestoofde groenbone, brosgebraaide aartappels, skaapboud – en altyd, altyd poeding: 'n gebakte iets of Ouma se vrugteslaai met vla.
Die ritueel van die Sondagmiddagete word nou nog in ons huis gekoester, al lyk dit deesdae baie anders as daardie wonderlike lang tafels op Helmond...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.