Gazpacho met vrugte in die lenteson

FYNPROE

Gazpacho met vrugte in die lenteson

Die lente kan maar kom: NETTIE PIKEUR maak hoender met appelkose, gazpacho met bloubessies, en braai piesang en pynappel by haar spek en eiers – want vrugte is nie net vir soetkos of nagereg nie.

DIE Kaapse Moslems het die mooi outydse gebruik om die Ramadaan-vas te beëindig deur dadels te eet. Ek het al baie gewonder waar dié tradisie vandaan kom. Dis blykbaar iets wat die profeet Mohammed ook gedoen het.

Ons kweek nie eintlik dadels in Suid-Afrika nie, behalwe by die Pella-sendingstasie in die Noord-Kaap. Ons kook egter graag met dadels en vele ander vrugte – nie net in soetkos en nageregte nie, maar ook by vleiskos, hoender en selfs vis. Amandels, pistasieneute (party mense noem hulle ook groenamandelneute) en appelkose is net so heerlik by gebakte hoendergeregte.

In Andalusië (Uys Krige het na dié streek in Spanje as Andaloe verwys) maak hulle die koue sop genaamd gazpacho. Dis heerlik dik met baie tamaties en knoffel, en dan garneer hulle dit met kersies, bloubessies en amandels...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.