Hildatjie van die Karoo se maaifoediebraai: Plat krulkool,...

#VIVASONDAG

Hildatjie van die Karoo se maaifoediebraai: Plat krulkool, veldbrandhoender en gekletterde braaibroodjies

Vat ’n hopelose kok, ’n spul gesmokkelde bestanddele uit die Prins Albert-omgewing, die gewraakte blaar genaamd krulkool en ’n hoender wat op die ou end so gerook was soos Willie Nelson op ’n Saterdagaand, en jy het ’n baie ongewone Karoo-braai. Dis Sondag, en MADELEINE BARNARD kook!

#eland

EK en kosmaak is nie vriende nie. Toe ek ’n kind was, het my besige ma my gereeld uit haar kombuis gejaag omdat ek so gemors het. Ek het dus nooit werklik leer kook nie.

As volwassene probeer ek myself steeds gereeld uit die kosmaakslag wikkel. Teen vieruur die middag begin ek gewoonlik voorstel dat my geliefde, Die Boyf, gaan wegneemkos kry by die Bush Pub (op ons dorp bekend as Die Boespap).

Ons woon op Prins Albert, waar die stel was van die eerste Kokkedoor-reeks en die tuiste van baie fynproewerkokke. Die plek loop oor van die foodies. Of foedies, soos ek en Die Boyf sê. Ons spot altyd oor die feit dat ons nie foedies is nie, maar wel maaifoedies...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.