Lientjie Wessels en die waaghalsige kuns van kook

KETTINGLOOS IN DIE KOMBUIS

Lientjie Wessels en die waaghalsige kuns van kook

Die Kokkedoor-deelnemer en kunstenaar Lientjie Wessels van Cullinan is een wat haar nie in ’n ringpan laat druk nie. Haar kreatiwiteit kriewel buite enige boks. MICHÈLE MEYER slaag daarin om haar vir een koppie koffie te laat stilsit.

Anders by eerste aanblik

MY uitkykpos oor Cullinan se hoofstraat vanaf Harrie’s Pancakes gee my kans om die dorp in te asem. Toe die vaalwit trokkie intrek, wéét ek net dis Lientjie. Sy en haar man, Robert, woon op ’n plaas 20 km verder by De Tweedespruit.

Vir ’n oomblik is ek Bennie Griessel. Dit ís Lientjie Wessels. ’n Kaftanmou van die mooiste lap fleur in die môreluggie. Bladsakkie skuins oor haar lyf. ’n Vrou so anderwêrelds dat ’n mens sou kon dink sy is hier op besoek uit ’n ander, sagter era. Sy waai soos ’n Augustus-dwarrel eers oor die pad, groet die boekwinkeltannie doerie kant, loer in by die salon langsaan. In Harrie’s noem sy die kelner op die naam, dié loop haal half outomaties haar cappuccino...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.