#VivaSondag: Sappige hoender vir een

PLATSAK EN ALLEEN

#VivaSondag: Sappige hoender vir een

Om ’n uithaler-ete so kort voor betaaldag op te dis verg nie veel meer as een heel hoender, sout, peper en twee suurlemoene nie. Só kan jy ’n heerlike Sondagmiddagete voorsit, al is dit net vir jou op jou eentjie, skryf ROBERT KADEN.

  • 30 Augustus 2019
  • Vrye Tyd
  • 6 min om te lees
  • artikel 26 van 32
  • Robert Kaden

EEN van die beter nagevolge van my Calvinistiese kinderdae is dat ek nie nee kan sê vir ’n Sondagmiddagete nie. Sondae is vir my groot kook én groot eet. Dis daai groot kook én daai groot eet wat die leemte tussen ’n Saterdagaand en ’n Maandagoggend ’n doel gee: Dit bring mense saam om een tafel en sorg dat ’n mens ’n nuwe week met meer moed (en ’n voller hart) kan aanpak.

Selfs nadat ek uit my ouers se huis getrek het en ’n lewe vir myself as enkellopende in die stad begin bou het, het ek elke Sondag vir myself ’n spread voorgesit. Ek sou gewoonlik op ’n Sondag laatoggend wakker word, die naaste kookboek of kostydskrif nadertrek, en op twee tot drie geregte besluit wat ek daardie dag wou maak.

Soms was dit nie noodwendig iets wat ek wou eet nie. As ek dapper genoeg gevoel het, was ’n uitdagende resep genoeg van ’n verskoning om dit te wíl maak. Sondae was vir my Project Cooking en Project Baking van resepte wat ek nog nooit tevore gemaak het nie. Soms het ek vriende oorgenooi. Soms nie. Die punt was nie om te onthaal nie. Die punt was om groot te kook en groot te eet...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.