Vlierbessiesjampanje en die fantastiese kuns van fermentasie

LAAT DIT GIS

Vlierbessiesjampanje en die fantastiese kuns van fermentasie

Dis die bruisende borrelrigheid wat jou eerste vang: Dis hoe jy ingetrek word. En voor jy jou kon kry, fermenteer jy alles, skryf MARIE VILJOEN.

EK het per ongeluk leer fermenteer. Net soos Dom Pérignon. Mos die monnik wat volgens advertensieveldtogte per ongeluk die eerste sjampanje gemaak het. “Ek proe die sterre,” het die blinde man volgens oorlewering uitgeroep toe hy die lank gebergde bottel wyn oopgemaak en borreltjies geproe het op plekke waar sy tong dit nie verwag het nie. Die storie is apokrief, maar dit vang die wonder van fermentasie vas.

Fermentasie is nie nuut nie, net vreeslik gewild deesdae. Die tydlose evolusionêre somtotaal van toeval, klimaat, tyd en die mens se vernuftigheid het ons kos en drank gegee wat deur mikrobes getransformeer is uit hul rou staat tot iets wat onherkenbaar iets ander is en ook byderwets probioties.

Een vroegsomer vyf jaar gelede kom ek af op ’n paar vlierbessiebosse in Brooklyn, New York, waar ek woon. (Vlierbessies is vir Suid-Afrikaners moontlik net so vreemd soos elderberries.) Hulle was versier met wit blomme so delikaat soos kantdoilies...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.