Tuinmaak-terapie vir beginners

PLANT EN WEES VROLIK

Tuinmaak-terapie vir beginners

Tuinmaak is goed vir jou – dis ’n voldonge en wetenskaplik bewese feit. Enigiemand kan ’n tuintjie aan die gang kry, selfs ’n voormalige plantmoordenaar soos MADELEINE BARNARD.

VIR amper 20 jaar woon ek in ’n klein skakelhuisie in die Kaap sonder 'n erf. Daar is net ’n klein soompie grond om die huis. Langs die huis is daar ’n ou roosboom wat ek van die vorige eienaar geërf het en ’n paar kappertjies wat jaarliks vanself opkom. En in die piepklein agterplasie op die skeiding tussen my erf en die woonstelle agter my is daar ’n groot eikeboom.

Ten spyte van die verskriklikste afskeep, hou die roosboom elke jaar aan met blom – ek dink die arme ding is een keer in amper twee dekades ordentlik gesnoei. So ook die immer guitige kappertjies wat geen aandag nodig het nie en wat net aanhou gee en gee.

Die eikeboom is die speelplek van kwelende wit-ogies en kordate eekhorings. Ek het selfs in ’n stadium ’n inwoner-eekhoring met die naam Peertjies Pereira. Ek sit gereeld met my laatmiddag-knerts op die dek en kyk vir die boom. My katte mediteer langs my (of miskien fantaseer hulle oor die wit-ogies)...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.