Straatkos is koningskos

FYNPROE

Straatkos is koningskos

Kos floreer op straathoeke van Londen tot Ladismith. NETTIE PIKEUR betreur die feit dat die straatkoskampioen Anthony Bourdain nooit die walkie-talkies en pannekoek en kaneel kon kom proe het nie.

MIELIES! Mi-é-é-é-élies! So het die statige vrou al roepend deur die strate van Pretoria gestap, ’n massiewe blikbak op haar kop gebalanseer. Dit was vol mielies, sommige gaar, die res nog rou met blare om.

Ons lot kinders het ’n rand of twee by ma gaan bedel om ons beste straatkos te koop. Die gaar mielies is net so verorber, of in die kombuis met ’n smeersel botter en sout, die res gehou vir later. Dit was ons vroegste herinnering aan kos wat op strate verkoop word.

’n Straatstalletjie op ’n klein dorpie soos Ladismith is ’n magneet vir my kosmaat. Op pad na ’n brunch van eiers Benedict by die befaamde Kannaland-kombuis stap hy eers na die braaivrou met haar gasbottel daar waar sy roosterkoek met wors bedien...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.