Tannie Kondo, ons hóú van ons kaggelkakkies!

OPGAAR IS LEKKER

Tannie Kondo, ons hóú van ons kaggelkakkies!

Nadat sy met ’n paar passievolle versamelaars gaan gesels het, het MADELEINE BARNARD tot die gevolgtrekking gekom dat Marie Kondo en haar minimalisme maar kan gaan slaap. Want daar is mense wie se mooi goed die vreugde in hulle laat vonk!

AS ek die minimalis Marie Kondo se pynlik netjiese lewe en min goedjies gadeslaan, lê daar ’n baie swaar klip in my maag. Ek kyk om my heen. Na my boekversameling. My lapversameling. My katbeeldjie-versameling. My kraleversameling. Die duisende strooikussings wat beddens en banke beset.

Met nog ’n klip in die maag kyk ’n mens na dokumentêre programme oor obsessiewe opgaarders wat hul pad van die voordeur tot by ’n klein leefruimte moet beur, en die toekoms lê eng en bedompig voor jou.

Danksy Tannie Marie en ander “declutter”-ghoeroes is versamelaars besig om ’n slegte naam te kry. Leefruimtes is al hoe oper en skoner. Mense trek na kleiner huise en raak ontslae van goed. In ’n dorp in Wes-Australië kan liefdadigheidswinkels nie meer goed aanvaar nie omdat hulle nie meer plek het nie. Die gewildheid van Tannie Marie se KonMari-metode dryf al hoe meer mense tot die Groot Uitgooi...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.