Clivias: koningin van die skaduwee

WATERSLIM

Clivias: koningin van die skaduwee

Die bosleliebedryf is biljoene werd, met versamelaars wat duisende uithaal vir die mees gesogtes. Inheems aan Suider-Afrika, het clivias aanhangers wêreldwyd en is veral gewild in die Verre Ooste. ADRI MYBURGH het by die Johannesburg-cliviaklub se jaarlikse skou gaan kennis maak met van die vriendelike versamelaars en kwekers.

DIE geskiedenis van enige groep plante is eintlik ’n storie oor mense –  mense wat lief is om in die grond te vroetel en ’n passie vir ’n blom ontwikkel. En sedert die dae van die oranje Clivia miniata wat ons almal ken tot die verskeidenheid kleure wat ons vandag sien, het vriendskappe tussen Suid-Afrikaanse versamelaars en kwekers van dié inheemse plant geblom.

“Clivias gaan oor vriendskap,” sê Gerhard Faber. Gerhard kweek sy clivias in George in die skadu van die Outeniqua-berge. Ek en Gerhard gesels by die jaarlikse skou van die Johannesburg-cliviaklub by Garden World buite die stad.

Gerhard is op sy jaarlikse clivia-vakansie, soos hy dit noem, wanneer hy skoue oor die land heen bywoon – net soos vele ander versamelaars en kwekers by die skou wat mekaar al jare lank ken. “Maar jy ontmoet ook altyd nuwe mense, wat dit lekker maak.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.