Kringe in die bos: Welige mossel vs kaal tonteldoos

SO MAAK MENS

Kringe in die bos: Welige mossel vs kaal tonteldoos

’n Hulpkreet van ’n leseres wat nie “daar onder” wil skeer nie, laat MARITA VAN DER VYVER besin oor hierdie harige kwessie wat blykbaar jou sekslewe kan beïnvloed.

“HELP!” skryf Hairy High and Low. “Ek is ’n geskeide vrou ‘van ’n sekere ouderdom’ wat ná ’n lang seksuele droogte weer in ’n verhouding is. Toe ek laas gedate het, het ons meisies nie eintlik ons koekiehare geskeer nie, dalk net so af en toe ’n bietjie gesnoei aan die kante sodat daar darem nie ’n bos hare by jou baaibroek uitsteek nie.

“Ek weet obviously van bikini waxes, maar aangesien ek lankal nie meer ’n bikini dra nie, het ek my nie daaraan gesteur nie. Ek het wel in die gym se kleedkamer opgemerk dat baie jong vroue deesdae so glad en kaal soos Barbie-poppe is en het dit frankly ’n bietjie creepy gevind.

“Nou het die nuwe man in my lewe my op ’n mooi manier laat verstaan dat hy ook van sulke gladde plastiekpop-koekies hou, en dat dit goed sal wees vir ons sekslewe as ek van my skaamhare ontslae raak. Het die man moontlik pedofiliese neigings? Wil hy hê ek moet soos ’n negejarige Lolita lyk? Moet ek die ongewenste hare laat waai – of moet ek eerder die man laat waai?”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.