Die oer-sprong van kosmaak

KOS EN KOSMOS

Die oer-sprong van kosmaak

FREDERIK DE JAGER gaan opskeploer by ons oerouers en loop sy eie eerste treë met kosmaak na.

MENS moet jou verwonder aan ’n trop beeste of ’n familie ape wat heeldag aan ’t vrete bly. Raak hulle nie sat van eet nie? Nooit verveeld nie?

Waar ons mense op die evolusieleer staan, het ons eet tot iets byna heiligs verhef. Ek praat nie van ’n aanganery oor ’n bolletjie skuim op jou bord nie, maar van wat ons in “De aardappeleters” van Vincent van Gogh sien. Van ’n gesin versamel om die eenvoudigste maaltyd wat die opbrengs is van hul eie arbeid. Van egte honger en egte bevrediging. Van ’n ritueel, van gemeensaamheid.

So was dit nie altyd met ons nie. Ons oerouers het ook maar dag na dag onder die bosse gevroetel vir enigiets te ete. Snags in die grot gaan lê en hoop jy word nie die boudhap van ’n sabeltand nie. Niemand verlang só ver terug na goeie ou dae nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X