AS ek dink aan oranje, dink ek aan my oranje-blanje-blou kinderdae. As ek dink aan nartjies, dink ek aan hoe die olie van die skil jou vingers taai maak en soms laat brand. En Jan Rabie se fel oranje T-hemp met D.J. Opperman se magiese woorde “My nooi is in ’n nartjie” in wit hoofletters voorop en, wanneer hy omdraai “My ouma in kaneel” oor die vleuel van sy skouers.
Ek en my ma, Rachel, het byna elke somer by Jan en Jorie gekuier. Jan en sy vrou, die skilder Marjorie Wallace, het langs die see gewoon in wat ons Onrust met ’n t genoem het, maar wat eintlik Vermont is. Dit was ’n lang uittog uit die Oos-Kaap, en my ma het altyd een stryk deur gery met net een stop by die Stormsrivierbrug.
En hoe nader ons gekom het, hoe nader was ons aan my ma se hartland waar sy vandaan kom...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.