Basta kweek! Die kikoejoe moet waai

STADSTUINMAAK 101

Basta kweek! Die kikoejoe moet waai

’n Flenter groen maak saak, maar ’n grasperk is omtrent die ongroenste ding wat jy kan kweek. MICHÈLE MEYER het hare met wortel en spriet uitgepluk en van sterjasmyn tot maanblom om ’n suurlemoenboom geplant.

MY geliefde Pretoria-tuin beslaan 70 m² van meestal klipperige grond wat L-vormig teen die bure se grensmure aanvly. Dit sou korrek wees om te sê ons het nie die huisie vir die tuin gekoop nie.

Met die intrekslag in Maart 2016 was die lappie aarde onder ’n grasperk en ’n somber suurlemoenboom het in die middel geploeter – ’n veilige klein speelplek vir die vorige eienaars se jongspan.

Die jongste van ons stelle telge was, prys den Heer, toe al ’n tweedejaar-Matie. ’n Stukkie kweek was die laaste plek waar sy sou wou speel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.