Die kleure en geure in tamatiestraat

KOS EN KOSMOS

Die kleure en geure in tamatiestraat

Tamaties is op meer as een manier goed vir jou hart, skryf FREDERIK DE JAGER. Bloeddruk, bla bla bla, maar hy het dit eintlik oor daardie lieflike rooi kleur, daardie oulap-se-mooimaak-kleur. Daardie bak-vol-op-die-tafel-rooi ...

ELKE jaar Augustus gooi die mense van Buñol in Spanje mekaar met tamaties in ’n raserny van bloedkleurige sous wat mens laat dink aan Middeleeuse feeste van die waansin. Maar La Tomatina, soos dié bisarre toeristeaantreklikheid heet, het sy oorsprong maar eers in 1945.

Daar was ’n parade, ’n gedrang, iemand se masker het afgeval, en dié Repelsteeltjie was só woedend, hy het tamaties by ’n stalletjie gegryp en begin gooi. Volgende ding word appels geswaai. En toe raak dit vir die mense lekker.

Die Indiese stad Mysore het wyslik ’n stokkie gesteek voor pogings om so wat van vermorsing daar na te boots, soos wat wel elders gebeur. Sies, man. Tog kan mens seker een of twee tamatiegooie in jou lewe vergewe word. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.