Volmaanbrode vir Vermaaklikheid en die diefstal van ’n...

BAK EN BROU

Volmaanbrode vir Vermaaklikheid en die diefstal van ’n rosynebroodresep

HENK SERFONTEIN het vroeg opgestaan om saam met Chesslin Michaels van Skoolkop nege brode in die Vermaaklikheid-bakkery te bak. Daarna was daar ’n diewery op die dag van die Wêreldbekereindstryd …

IN die skadu van die seringbome tussen Witsand en die Duivenhoksrivier is daar 'n geheime plek naby die Blombosgrot waar die oorblyfsels van die oermens lê. Vermaaklikheid en Skoolkop staan apart, maar ook naas mekaar in hierdie landskap. 'n Wit dorp en 'n bruin dorp met saam ongeveer 300 inwoners wat soos suurdeeg in brood vervleg word.

In Vermaaklikheid is die grond ryk aan kalk en in die lug hang verlies soos die reuk van gebrande roosterbrood. Jare gelede was daar volop patats en boorde met hanepoot, maar al wat oorgebly het, is 'n rangskikking van hartbeeshuisies en 'n informele nedersetting omring deur 'n verkoolde fynboslandskap.

'n Jaar het verloop sedert die verwoestende brand wat net houtskool met 'n dun laag apokaliptiese as in die heuwels agtergelaat het. Hier en daar is daar tekens van hoop. Van die olyfboorde het die brand ontkom en daar is groen fynboslote wat tussen die onderstebo skilpaddoppe begin opskiet langs die leë patatgate...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.