Bertus Basson bring Boktrots na die tafel

WAT EET JY?

Bertus Basson bring Boktrots na die tafel

Dis ’n eetkamer, sê Bertus Basson van sy nuwe eetplek, Eike, wat met een sprong die lys van die top-10 restaurante in Suid-Afrika gehaal het. Die vaste spyskaart laat nie fiemies toe nie, nes jy wanneer jy ’n kind is en moet eet wat jou ma op die tafel sit. ANNELIZE VISSER gesels met die pas gekroonde Sjef van die Jaar.

BERTUS BASSON speel nie rugby nie. Hy kyk nie eens rugby nie. Nietemin sê ’n bekende fyneter onlangs dat Bertus net soos ons kampioen-Bokke Suid-Afrikaans-wees op ’n nuwe fondament plaas.

Soos Siya en sy maters laat hy ons glo dat daar meer dinge is wat ons saamvoeg as wat ons verdeel. As jy by sy restaurant Eike in Stellenbosch met hom gesels, kry jy straks selfs skaam sou jy onlangs getwyfel het of dié land ooit jou hoop en liefde sal beloon.

Iets soos die geel boksie Rajah-kerriepoeier wat ’n plek op feitlik elke kosrak tussen die Kaap en Soweto het. Sy ma en haar ma het soet, geel kerrie daarmee gemaak; ander ma’s en oumas sit dit in chakalaka. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.