Rooi, geel, groen: vier somersoppe en ’n uitklopper-slaai

KOS EN KOSMOS

Rooi, geel, groen: vier somersoppe en ’n uitklopper-slaai

Vir die lui en warm dae in die suide stel FREDERIK DE JAGER koel en kleurryke gazpacho voor.

TERWYL die onweerswolke hier oor Europa versamel, raak dinge in die suide losser. Die son het agter die swaels aan getrek. Die dae rek hulle lui uit en koue drank en koel kos is aangewese.

Soos soveel landskos in die Ou Wêreld is gazpacho peasant-kos – daardie landelike mense wat hul klasnaam aan die land (“pais”) ontleen. Kos wat met goeie rede na die tafels van die goedgeskoeides gemigreer het. Trouens, wat ons hier op Lesbos vir gaste kook en wat jy op die spyskaart van elke taverne vind, is weinig anders as óú kos wat moeders des huises, in lang linies teruggaande, van beskeie middele geurig voorberei het vir groot gesinne.

Gazpacho kom van Andalusië. Daar waar die lemoenbloeisels in die heuwels die lug soet maak. Die land van Lorca, die toevlug van Hemingway en Graham Greene. Hoe kan so ’n somersoep van enige ander plek op aarde kom?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.