DIE appelkoos-en-tjopkasserol deur verskyn in Saam se hoofstuk “Wat Eet ons Vanaand?” oor eenpotwonders, aandkos en haastige skottels, ook soms “noodskottels” genoem vir wanneer iemand op etenstyd opdaag en die huiskok in die knyp is.
Errieda skryf: “Mev. M. Bester van Durbanville se resep vir appelkoos-en-tjopkasserol uit Keurresepte is een van daardie wat pyrex as ’n generiese naam gebruik het vir die hittevaste glasbakke waarvoor ons ma’s so lief was. Die droëvrugte en soetsuur smake is so deel van die plaaskosskatkis dat ’n Engelse gemeenskapsboekie van ’n vroueliga daarna verwys het as Afrikaner chops. Hier word nog droëvrugte, bruinsuiker en speserye gebruik wat in latere boekies vervang word met appelkoos- of perskeblatjang.”
Appelkoos-en-tjopkasserol..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.