Die sultan, die imam en die veelsydige eiervrug

KOS EN KOSMOS

Die sultan, die imam en die veelsydige eiervrug

Jy kan eiervrug braai, bak, kook en en fynmaak, en FREDERIK DE JAGER beduie ’n paar van die geurigste maniere.

PARTY noem dit armmansvleis, maar hoe arm ons ook al in my kleintyd was, daar was altyd vleis en nooit eiervrug op die tafel nie. Nóg op enigiemand anders s’n in ons geweste, dié uitlandse gewas.

Maar aanskou die vrug: een van die mooiste goed in jou tuin. Ek plant hom tussen die blomme, ’n vreeslik maklike plant, en as jy hom mooi oppas, dra hy nog tot diep in die winter vrug. Jy kry wittes (vandaar die naam), gestreeptes, groenes en selfs rooies, maar die mooiste is sekerlik die byna swartpers kogels, donker glimmend van geskiedenis en misterie.

Die vrug Solanum melongena is saam met die tamatie, die aartappel en die nastergal lid van die sogenaamde “nightshades”. Hy kom oorspronklik uit Indië en Sri Lanka, maar dis in die Midde-Ooste, Klein-Asië en die Levant waar hy kulinêr gesproke sy heiland ontmoet het. Hier op ons eiland teenaan die Turkse kus het die 400-jarige Ottomaanse Ryk in die vroeë 20ste eeu soos ’n swaar brander teruggetrek en verskeie geregte agtergelaat...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.