Gerookte-snoek-kaaskoek

RESEP VAN DIE WEEK

Gerookte-snoek-kaaskoek

Die geheim lê daarin dat jy goeie beleë cheddar in die kors moet gebruik, skryf ISABELLA NIEHAUS oor dié resep uit haar boek Duinhuis, wat pas met ’n Gourmand World Cookbook-prys bekroon is.

  • 06 Desember 2019
  • Vrye Tyd
  • 2 min om te lees
  • artikel 20 van 25
  • Isabella Niehaus

DIS so ’n lekker, maklike resep wat jy op ’n klomp verskillende maniere kan gebruik. Jy kan enige vis gebruik as daar nie gerookte vis beskikbaar is nie – maak net seker die vis is lekker gegeur. Maar daar is niks fout met ’n blikkie of twee tuna of ’n blik salm nie ... Geur met ’n bietjie suurlemoen en swartpeper.

Die geheim van die resep lê daarin dat jy goeie beleë cheddar in die kors moet gebruik (Woolies het ’n ongelooflike 20 maande verouderde cheddar wat ek lief is om te gebruik) en dan natuurlik in die gerookte snoek.

Daar is die wonderlikste viswinkel in Saldanha, Charlie's Fish Shop. Jy kry nêrens gerookte snoek soos hulle s’n nie. Jy moet jouself heeltyd keer om nie te veel te peusel terwyl jy die snoek vlok nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.