10 uit 10 vir ons lekkerste resepte

BON APPÉTIT!

10 uit 10 vir ons lekkerste resepte

Van FREDERIK DE JAGER se gebakte kersietamaties oor koue jogurt tot LIENTJIE WESSELS se verleidelike blombotter, hier is ons gunstelinge onder die resepte wat vanjaar in Vrye Weekblad verskyn het. In 2020 maak ons weer so!

  • 20 Desember 2019
  • Vrye Tyd
  • 16 min om te lees
  • artikel 29 van 29

1 Gebakte kersietamaties oor koue jogurt

Pak ’n middelslag-oondpan vol kersietamaties waaroor jy strooi: sout en peper, olie, ’n snyseltjie knoffel, ’n lepelpuntjie bruinsuiker, ’n swaai komynsade, ’n gerfie vars tiemie- en origanumtakkies en, les bes, een suurlemoen se vel in dik stroke afgekerf. Dié gaan oond toe onder 200°C vir 20 minute wanneer die tamaties begin blase maak. Dan sit jy die rooster aan vir nog 10 minute tot hulle begin swart skroei.

Inmiddels roer jy die skraapsels skil van ’n ander suurlemoen (wat die Engelse “zest” noem) saam met sout deur ’n groot pot dik Griekse jogurt en laat dit in die yskas wag. As jy die lae weg van drillerige laevetjogurt wil volg, skei ons weë...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.