DIE Franse skrywer en filmregisseur Marcel Pagnol se klassieke jeugherinneringe, La Gloire de mon Père (My Father’s Glory) en Le Chậteau de ma Mère (My Mother’s Castle), is meesterwerke vol humor en patos, en sal enige leser totaal verlief laat raak op die wilde skoonheid van die landskap van Provence.
Pagnol (1895-1974) se klokhelder herinneringe van sy gesin se somervakansies in die l’Etoile-heuwels is vol aardse eerlikheid. Hy praat so reg uit die hart en skep eintlik ’n teenbeeld van die soetsappige, ewig sonnige poskaart-weergawe van wat baie mense dink Provence is.
En soos met die beste verhale in die wêreld is kos oral ingeweef. ’n Piekniek bestaan uit die gewone brood en kaas, maar ook twee rou tjoppies om op ’n vuurtjie van wilde vinkel en roosmaryntakkies te braai. Alles word saamgedra in 'n rugsak met porseleinborde en eetgerei en selfs die sout is toegeknoop in ’n hol riet, gestop met ’n “kurk” van ’n kermes-akker...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Lig, liefde en lewe in die Bôrdienghuis