As almal ver is, is Pretoria ’n paradys

BLYKANSIE

As almal ver is, is Pretoria ’n paradys

Die uittog het begin. Gauteng loop leeg soos landrotte laat wiel af see toe of op bos toe, en MICHÈLE MEYER mis julle glad nie. Sy voel #blessed@Pretoria.

EK kom nie graag in inkopiesentrums nie, allermins vanaf vroeg Oktober af. Om parkeerplek te soek striem my nerwe. Ek is bekend vir waninterpretasie van motorwagte se handseine en uitvoer van die teenoorgestelde aksies as wat hulle probeer kommunikeer. Dit lei tot paniek en soms vloek. Etlike van die manne by my naaste sentrum beweeg doelgerig weg wanneer hulle my motor herken.

Ook die vlae mense, hul angstige geskarrel soos knaagdiertjies aan’t proviand versamel, ontsenu my. Linies onstigtelike rooi plakkate oral, jillend: “Buy bulk and save.” In November merk ek in ’n waas van ongeloof so waar as vet ’n advertensie van – ek sweer dit – ’n onweerstaanbare terug-skool-toe-aanbod.

Dan ook die individue van alle genders en ouderdomme wat ’n tikkie oorboord gegaan het met werk aan lippe, fronse, wangbene en spray tan. Vir Desember, sien. Dis prysuitdelings en Krismis, ’n mens moet gefraiing wees. Vir familie, vriende, vreemdes en ekse (noodgedwonge, wanneer kinders uitgeruil word)...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.