Dit lyk soos vleis en dit smaak soos vleis ...

VEGANUARIE

Dit lyk soos vleis en dit smaak soos vleis ...

Plantaardige vleis is groot besigheid, en nie uitsluitlik op vegetariërs en vegans gemik nie. BIBI SLIPPERS het meer gaan uitvind oor 'n produk wat juis vleiseters teiken – en in die proses baie Beyond Burgers geëet.

HIER’S ’n vraag om by die volgende familiesamekoms op die etenstafel te gooi as die argumente oor politiek en geloof afgesaag raak: Is dit in beginsel verkeerd om diere groot te maak en dan dood te maak sodat mense vleis kan eet? Sit gerus terug en kyk hoe mense mekaar byna begin bydam soos die een sy reg op ’n tjoppie met ’n steakmes en ’n sin van entitlement verdedig, en die Gen Z-er aan tafel haar Billie Eilish-makeup afhuil oor die manier waarop diere in die kosbedryf behandel word. 

Net wanneer dit lyk of dinge gaan hand uitruk en die ete op ’n familiemoord afstuur, kan jy as vredemaker tot die gesprek toetree en Ethan Brown, stigter en hoof van Beyond Meat, aanhaal: “Ons het nie diere nodig om voort te gaan om vleis te geniet nie.”

Beyond Meat is ’n vervaardiger van plantaardige vleis, en as jy dink dis ’n weerspreking, het Brown nuus vir jou. Nadat die maatskappy verlede Mei skouspelagtig presteer het op die aandelemark met sy aanvanklike openbare aanbod, het Brown aan Time Magazine verduidelik: “Wanneer jy aan vleis dink in terme van die samestelling daarvan, is dit vyf dinge: aminosure, lipiede, spoorminerale, vitamiene en water. Niks hiervan is eksklusief tot diere nie. Diere verbruik ’n geweldige hoeveelheid energie om plantmateriaal tot proteïen te verwerk. Ons begin direk by die plantmateriaal en bou van daar af.” ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.