Kan jou verhouding ’n vakansie oorleef?

SÓ MAAK MENS

Kan jou verhouding ’n vakansie oorleef?

Noudat die feestyd eindelik verby is, kan ons seker maar bieg dat vakansies nogal 'n stres vir verhoudings kan wees, skryf MARITA VAN DER VYVER. Veral vir nuwe verhoudings. Dis hoekom jy verkieslik die wittebrood moet hou vóór jy die trouring koop.

LANK gelede, toe Só maak mens nog 'n onskuldige radioprogram was, het 'n frase soos “nuwe verhoudings” byna vanselfsprekend na jongmense verwys. En sekspraatjies (wat jy beslis nie op 'n Afrikaanse radiostasie sou hoor nie) is uitsluitlik vir getroude paartjies bedoel. Of vir verloofdes wat ’n bietjie raad wou hê voordat hulle die angswekkende huweliksnag aandurf.  

Dis natuurlik nie hoe 'n seksrubriek in 'n digitale koerant werk nie. Niemand kan meer voorgee dat seks 'n bedrywigheid is wat tot die heilige eg beperk is nie.

En wanneer ons hier by die nuwe weergawe van Só maak mens beweer dat vakansies 'n ernstige bedreiging vir nuwe romantiese verhoudings kan wees, bedoel ons verhoudings tussen enige moontlike kombinasie van genders, vir alle ouderdomme tussen 18 en 88...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.