SA se super-chenins wen wêreldwyd harte

TOORKUNS MET WYN

SA se super-chenins wen wêreldwyd harte

Suid-Afrikaners gryp meesal die chenin blanc wanneer die goeie sauvignon blancs en chardonnays uitverkoop is. Maar die res van die wêreld teug lustig aan ons chenins en sing lofsange oor hul unieke styl, skryf YOLANDI GROENEWALD.

SUID-AFRIKA se wyn-identiteit op die wêreldmark is deesdae onbeskaamd chenin blanc.

Die Britse wynmeester Greg Sherwood skryf onlangs dat Suid-Afrika nie net van die beste chenin blanc in die wêreld lewer nie, maar ook rockster-wynmakers het wat met ou wingerde toor. Dié toorkuns het die internasionale mark só opgeslurp dat geen ander wynland kan meeding nie. 

“Die Kaap maak nou baie van die wêreld se beste chenin blancs, in ’n wye verskeidenheid van style,” skryf nog ’n gesiene oorsese wynkritikus, Tim Atkin, in sy 2019-verslag oor Suid-Afrika se wyn. Chenin verouder goed in die bottel, skryf hy, en Suid-Afrikaanse wynmakers het geleer hoe om die beste uit hul chenin blanc te kry...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.