DATING Sunday is die wegspringstreep vir Dating January, wanneer al daardie digitale apps wat jou help om die liefde van jou lewe te soek deur 'n gemeenskaplike feeding frenzy getref word. Volgens die Amerikaanse afspraak-webwerf Coffee Meets Bagel (CMB) was daar verlede jaar op die eerste Sondag in Januarie 'n verstommende toename van 61% in nuwe intekenaars.
Boonop het die intekenaars wat pasmaats gevind het, met 22% gestyg. Miskien het 'n paar van die miljoene soekendes dit selfs reggekry om die liefde van hul lewe op te spoor. Ander het moontlik niks meer as 'n gewillige seksmaat gesoek nie.
In die dae toe die troostante van Só maak mens nog in studentekroeë gekuier het, het ons meisies meestal iets meer as 'n gewillige seksmaat gesoek. Liefde met 'n Hoofletter, dis wat ons wou hê, maar ons was (nog) nie wanhopig genoeg om by 'n Hoekie vir Eensames aan te klop nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Kan jou verhouding ’n vakansie oorleef?