’n Boer bak ’n brood

KRISISBAK

’n Boer bak ’n brood

Met meel en water – dís hoe ons deur die coronakrisis gaan kom. Want al is gis die nuwe toiletpapier en ons brode gevolglik plat, bring kwarantynbak kalmte in ’n krisis, skryf ANNELIZE VISSER.

DIE inperking was net ’n paar uur oud toe haal sy vir die eerste keer in 20 jaar ’n baksel muffins uit die oond. Hulle naam is piesang-en-kaneel-grendelstaat-muffins, improviseer sy. Hulle lyk en smaak “soos Karoo-rotse”, lui haar WhatsApp-boodskap.

’n Dosyn glutenvrye appel-en-pekanneut-muffins wat elders op ’n draadrakkie afkoel, tref die groep twee uur later, kort nadat iemand ’n skakel deel na Nigella Lawson wat sê jy moet die water waarin jy pasta of aartappels gekook het, bêre. Die groep neem kennis dat dit jou brood nie net mooi sal laat rys nie, maar ook sal help met die tekstuur.

Vervolgens gaan sy die platbroodresep uitprobeer wat reeds vroeg vanoggend uit Oos-Londen gedeel is, kondig die Karoorotsbakker aan...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.