Vyf verleidelike pastasouse wat nie van hier rond is nie

KOS EN KOSMOS

Vyf verleidelike pastasouse wat nie van hier rond is nie

Om liggaam en siel bly te maak in vreemde tye, en om jou besig te hou, stel FREDERIK DE JAGER vyf ongewone pastasouse voor.

IN die jare vyftig, sestig sou jy nie van pasta gepraat het as jy macaroni bedoel nie. Macaroni was macaroni, en dit kom in ’n pot en jy eet dit, so pap gekook. Daar was macaroni in die sop om dit volume en stysel te gee, en daar was macaroni en kaas.

Hierdie jongeling se wysgerige verwondering aan die konsep van ’n lang slap gaatjie waaromheen deeg aangebring is om ’n eetbare wurm te maak het in ons kombuis geen simpatie gewek nie. Jy kan sê met my fokus op die gaatjie was ek in die abstraksie van macaroni geïnteresseerd, en daarin was ek, onwetend, nie ver verkeerd nie.

Want op die agtergrond, net agter die horison, was daar ’n groter begrip: pasta. Pasta, die absolute kategorie wat in die partikuliere ’n duisternis verskyningsvorme vind: stokkies, linte, wieletjies, skulpies wurmpies, spirale, kussinkies. Saam met elkeen het ’n Italiaanse naam oor die grense van land en taal gestroom wat teen die jare sewentig en tagtig ingeburger was. Tóé kon ons van “pasta” as ’n klas geregte praat...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.