Die veelsydige, geurige en digterlike ui

KOS EN KOSMOS

Die veelsydige, geurige en digterlike ui

FREDERIK DE JAGER het digterlike woorde nodig om die deugde van die ui te besing en in drie geregte te benut. Hy maak Franse uiesop, uieblatjang en 'n Griekse uiepastei.

DIE sjef was ’n plomp mannetjie met ’n rooi gesig uit ’n storieboek. Een van ons troepe, ’n sluwe, donker sening van ’n seun, was listig genoeg om hom te bevriend. Die aand toe hy ons die eerste keer die kombuis laat insluip, was dit duidelik op hoeke bene hierdie onwaarskynlike vriendskap loop. Sluu, ver van onooglik, het openlik met hom geflankeer.

Ballerina – want so wreed was gewapende tieners met hul naamgewing – het soos ’n kat gekrink onder die aandag. Hy was die kok van die army-plaas, maar sý daaglikse brood en botter was argwaan en hoon wanneer hy daagliks bollings kos wat aan elke beskrywing mank gaan op ons varkpanne neerplak. Hy was geen sjef nie, maar net ’n ongelukkige troep wat uit die ry gepluk is omdat hy stadig was en aangesê is om vir tweeduisend man te kook.

Maar hy kon een ding lekker maak, en ’n paar uie uit die kis sou nie gemis word nie. Op die groot kookplaat van die battaljonskombuis braai daai man in die donker uur vir ons viertal uie wat jou net-net nie meer na jou ma laat verlang nie. Goudbruin van die Marmite-brandsel op die plaat, slap soos wurmpies die stringe ui, soet van die karamel, en geurig van belofte...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.