Hande in die hare oor corona-kuiwe en kwarantynkapsels

DIE HARE WAAI

Hande in die hare oor corona-kuiwe en kwarantynkapsels

Tans sit die hele Suid-Afrika met grendelgruwels vir haarstyle. MADELEINE BARNARD stel ondersoek in na die … um … wortel van die saak en gesels met die haarkappers met toe deure wat hulle skêre slyp vir ’n hofsaak teen die staat.

DIE haarkapper van ’n klein dorpie is die spil waarom die inwoners se heelal van persoonlike versorging wentel. Hier by ons is dit “Chris Hare”. In die klein salonnetjie in sy huis – hy doen alles self, van was tot kleur en knip en blaas – word daar bollas geklits van die môre tot die aand. Vir ’n uur of drie word jy gedwing om niks te doen behalwe te sit en hom toe te laat om ’n towerstokkie oor jou halsstarrige boskaas te swaai nie.

Daar word getoor met kleure en ligstrepe, grys treinspore verdwyn in die niet en dun, pap haartjies word omskep in keurige kapsels. Tannies met yl haartjies kry perms en ’n flinke droogblaas en is daarna reg vir die vroueliga-vergadering. Mans wat soos wolskape daar instap, verskyn weer met ’n kortkop en vyf jaar wat van hulle afgeval het.

Dis nie net die toor met hare wat dit ’n uitstappie maak om onder Chris se vlytige hande deur te loop nie. Dis die gesels, die stories uitruil, die lê-soos-jy-lag. En natuurlik is daar geen beter plek as ’n haarsalon vir dorpskinder nie. Jy stap daar uit met ’n nuwe voorkoms, ’n skatkis van stories en nuwe moed vir die lewe...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.