Wenskopery in ’n pandemie: Wat is in jou fantasie-trollie?

DIE OPWINDING VAN BEGEERTE

Wenskopery in ’n pandemie: Wat is in jou fantasie-trollie?

Met fantasie-wyn in twee aanlyn mandjies wonder ANNELIZE VISSER of ander mense ook tydens inperking fantasie-inkopies doen. Só ontvou die storie van ’n veerligte tent, 10 sakke broodmeel en ’n asemrowende Stella McCartney-rok.

DIE spesiale aanbod tref my oog. Ek kan Nederburg-wyne teen 20% afslag bestel en dit sal, so gou as die inperkingsmaatreëls dit toelaat, by my huis afgelewer word.

Ek rol verby wyne wat elkeen duurder kos as ’n pakkie Marlboro onder die toonbank by die kafee oorkant die stasie, en roep halt by die bekostigbare Winemasters-reeks. Ek laai ses bottels sauvignon blanc – met geure van spanspek en vars appelliefies en ’n tikkie groenvy – in my mandjie, rol verder en tik op “submit”.

Katrin stuur dadelik ’n e-pos met ’n kwotasie, bankbesonderhede en instruksies oor waarheen om die betalingsbewys te stuur...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.