’n Sestig-uur-brood vir die geduldiges

KOS EN KOSMOS

’n Sestig-uur-brood vir die geduldiges

In ’n tyd van baie wag neem FREDERIK DE JAGER jou saam op die langstoriepad wat lei tot die lekkerste en gesondste brood wat jy nog geëet het.

AS iemand sê jy lyk degerig mag dit jou maar onthuts. Die betekenis is nie mooi nie: bleek en ongaaf lyk jy, van elke gesonde blos verlaat, en van velspanning begewe. Die dokter sal haar arsenaal koue ekstremiteite aan jou vel wil besoek: haar priemende vingerpunte en daardie intiemste meeluisteraar, die stetoskoop. Dit lyk of jy duike sal maak en punte trek as iemand ’n stukkie van jou met die vingers vasknyp.

Maar as iemand jou die omgekeerde vertel en sê jou deeg is menserig, sit jy met ’n veel beter hand kaarte. Jy is op die regte spoor as jy, sê maar, ’n brood aan die pleeg is. Broodbak is meer pleegsorg van deeg as wat dit roer en knie van meel en water is. Dit raak aan die menslike. Deeg is soos iets lewends.

Trouens, dit ís lewend. En daardie lewe kan lank wees. ’n Suurdeegkultuur kan geslagte lank in ’n familie bly en “die jare in hul in onmag terge”. Praat van ’n wye en droewe land: Een van die oudste suurdeë waarvan ons weet, leef sedert 1849 in San Francisco toe ’n Boergondiese bakker genaamd Isidore Boudin in die tumult van die goudstormloop ’n moederkultuur daar begin het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.