Die geheime lewe van die malvapoeding

SOET

Die geheime lewe van die malvapoeding

In die herfs wanneer jy die eerste blikkie appelkooskonfyt in jou trollie laai en toets of laasjaar se koeksoda nog lewe in hom het, begin die mense soos elke jaar wonder: Waar kry die malvapoeding haar naam? ANNELIZE VISSER vertel die storie van ’n poeding met sterstatus en heelwat geheime.

MENSE met wie jy oor poeding kan gesels, is merkwaardig vrygewig en gaaf, selfs wanneer die poeding so na aan die hart lê soos dié een, en in soveel opsigte omstrede is.

Oor die koeksoda en asyn heers daar eensgesindheid. Die appelkooskonfyt is nie te betwis nie. Dat die sous oorgegiet word sodra en eers wanneer die poeding uit die oond kom, daaroor stem almal saam. Maar nes jy begin glo dat die malvapoeding die soet ding is wat ons almal saamsnoer, duik die een lastige vraag ná die ander op.

Ek is mal vi’ jou poeding..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X