’n Prettige maal, drie maal, van maalvleis

KOS EN KOSMOS

’n Prettige maal, drie maal, van maalvleis

In hierdie dun maande laat FREDERIK DE JAGER maalvleis hard werk vir dié wat nie hul vleistande kan trek nie. Hy maak koftas, hamburgers met Griekse bifteki-burgers en moussaka met patats.

ONS leef in maer tye, wat hopelik nie sewe jare sal word nie. As jy jou vleistande nie getrek kry nie en terselfdertyd die belt stywer moet vastrek, kan jy met maalvleis kook. Dit kan jy verder rek as beeshaas.

Wie se plan was dit die eerste keer om vleis te maal? Dit is nie duidelik nie. Daar is aanduidings die Britte het ’n eeu of vyf gelede op die idee gekom om vleis te maal en droog te maak. In die antieke tyd sou daar nie meule gewees het nie, maar dit wil nie sê jy sou die vleis nie fyn kon kap met ’n mes of ’n klip nie.

My ma het een van daardie ystermeultjies gehad. Ek draai die slinger en ma-goed stop die stukke vleis in, oppas vingers. Voor kom die vleis in slangetjies by die gaatjies uit met die belofte: vandag gaan kry ons bobotie of frikkadelle of herderspastei...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.